Nowo-Boelgari
Nowo-Boelgari (Russies: Ново-Булгары, Tartaars: Яңа Болгар) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die Nowo-Boelgari Plaaslike Munisipaliteit. Soos baie ander nedersettings in Ikrjanoje-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Nowo-Boelgari Ново-Булгары | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°09′38″N 47°49′36″O / 46.16056°N 47.82667°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Ikrjanoje |
Bevolking | |
• Totaal | 558 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416358 |
Die dorpie is in 1918 deur Tataarse setlaars uit Astrachan gestig. Nowo-Boelgari se geskiedenies en die plaaslike tradisies word in die boeke van Sjamil Sirazjetdinof beskryf.[1]
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Nowo-Boelgari 499 inwoners gehad. Etniese Tartare vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Tartare | 256 | 51,3% |
Kasakke | 73 | 14,6% |
Russe | 57 | 11,4% |
Aware | 12 | 2,4% |
Grieke | 6 | 1,2% |
Oesbeke | 6 | 1,2% |
Tsjetsjniërs | 6 | 1,2% |
Boelgare | 4 | 0,8% |
Lakke | 4 | 0,8% |
Onbekend | 67 | 13,3% |
Totaal | 499 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Sirazjetdinof, Sjamil (2001). История села Новые Булгары [Nowo-Boelgari: 'n Geskiedenis van die dorp] (in Russies). Astrachan: Wolga. Besoek op 13 Julie 2023.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 13 Julie 2023.