Odense
Odense (Deens: [ˈoðˀn̩sə], ) is die derde grootste stad van Denemarke ná Kopenhagen en Aarhus met 'n oppervlakte van 79,3 vierkante kilometer en 'n bevolking van 182 387 (soos op 1 Januarie 2023). Dit lê op die eiland Funen langs die rivier Odense Å wat deur die Odense-kanaal met die Odensefjord en die Kattegat verbind word. Die stad is sowat 167 km suidwes van Kopenhagen en is die grootste stad op die Deense eiland Funen. Odense is die grootste stad van die administratiewe streek Syddanmark, maar nie die hoofstad nie; dit is Vejle.
Kaart | Wapen |
Seël | |
Land | Denemarke |
Administratiewe streek | Syddanmark |
Koördinate | 55°24′N 10°23′O / 55.400°N 10.383°O |
Stigting | 988 |
Stadstatus | 1355 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 79,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 13 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2023) | 182 387 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 280,74/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 504 066 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,4 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 1,0 / 16,6 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 560,9 mm |
Burgemeester | Anker Boye (S) |
Amptelike webwerf | odense.dk |
Odense het ontstaan uit 'n Wikingnedersetting en sy naam is ontleen van Odins Vé wat "Odin se heiligdom" beteken, aangesien die plek bekend was as 'n beduidende bedevaartsplek vir aanhangers van dié Nordiese god.[1] Deesdae is dit 'n belangrike knooppunt vir pad- en spoorwegvervoer tussen die Deense hoofstad Kopenhagen en die Deense vasteland, maar ook internasionaal tussen Duitsland en Swede. Dit is veral bekend as die geboortestad van Hans Christian Andersen, wie ook sy kinderdae in dié stad deurgebring het. Die domkerk van Odense is van die bekendste besienswaardighede en behoort aan die Deense Volkskerk.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Odense, Denmark". Danishnet.com. Besoek op 2 Mei 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Odense.
- (en) Toerisme-inligting oor Odense op Wikivoyage
- (da) Amptelike webwerf
- (en) "Odense". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Mei 2024.