Oeuvre
Ouvre (uitspraak: oe-wre) is 'n leenwoord uit Frans wat verwys na die hele korpus van 'n kunstenaar se werk as 'n geheel.
Ouvrepryse word op verskillende artistieke gebiede uitgereik. Daar is byvoorbeeld oeuvrepryse vir skrywers en akteurs. So 'n prys word dan vir die somtotaal van die kunstenaar se werke uitgereik, en nie vir 'n enkele werk nie.
As voorbeelde:
- Die skrywer Chris Barnard ontvang in 1991 die Hertzogprys vir drama vir sy oeuvre.
- Deon Opperman ontvang in 2006 die Hertzogprys vir sy hele oeuvre.
Sien ook
wysig- Bloemlesing, beste skrywes van 'n outeur of outeurs.