Ohiorivier
Die Ohiorivier (Engels: Ohio River) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in die Verenigde State. Die Ohiorivier het 'n lengte van 1 579 km en is die langste linkse sytak van die Mississippirivier.
Ohiorivier | |
---|---|
Lugbeeld van die Ohiorivier tussen Indiana en Illinois. | |
Die stroomgebied van die Ohiorivier. | |
Oorsprong | Saamvloei van die Allegheny en Monongahela-riviere in Pittsburgh, Pennsilvanië (Verenigde State) |
Monding | Cairo, Illinois / Ballard-county, Kentucky, Verenigde State Mississippirivier |
Stroomgebied | Pennsilvanië, Ohio, Wes-Virginië, Kentucky, Indiana, Illinois |
Lengte | 1 579 km (981 myl) |
Oorspronghoogte | 683 m (2 240 voet) |
Mondinghoogte | 88 m (290 voet) |
Gemiddelde afloop | 7 957 m³/s (281 000 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 490 601 km² (189 422 myl²) |
Die Ohiorivier ontstaan deur die saamvloei van die Allegheny en Monongahela-riviere in Pittsburgh, Pennsilvanië, en vloei in suidwestelike rigting. Aansluitend vorm die rivier die grense tussen die Amerikaanse deelstate Wes-Virginië en Ohio, Ohio en Kentucky, Indiana en Kentucky, asook Illinois en Kentucky. Dit vloei deur die stede Pittsburgh, Cincinnati, Louisville en Evansville. In Cairo, Illinois, uitmond die grotere Ohiorivier in die Mississippirivier, tot hier Upper Mississippi genoem.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ohiorivier.