On Broadway

was 'n teater vir toneel, kabaret en ander musiek in Kaapstad

On Broadway was ’n teater vir toneel, kabaret en ander musiek in Kaapstad. Dit is aanvanklik in 1997 in Groenpunt deur Russell Shapiro geopen. In April 2005 is dit verskuif na Kortmarkstraat in die middestad.

On Broadway
Stad of dorp Kaapstad
Land Suid-Afrika
Geopen 1997
Gesluit Onbekend

Dit was bekend vir sy eklektiese verskeidenheid van vertonings, wat gewissel het van komediante tot musiekaanbiedings tot toneelstukke. Van die akteurs wat hier opgetree het, is Pieter-Dirk Uys, Elzabé Zietsman en Marc Lottering.[1]

Die teater het intussen sy deure gesluit.[2]

Verwysings

wysig
  1. The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 2 Maart 2013
  2. Cape Town Magazine Geargiveer 7 Februarie 2013 op Wayback Machine URL besoek op 2 Maart 2013

Eksterne skakel

wysig