Kortmarkstraat

bekende straat in Kaapstad, Suid-Afrika

Kortmarkstraat is ‘n straat in die historiese kern van Kaapstad, Suid-Afrika.

Ligging

wysig

Die straat loop van suidoos na noordwes. Dit is ‘n noordwestelike voortsetting van Darlingstraat, hierna gaan dit verby die Groentemarkplein, kruis Langstraat en Loopstraat, verby Van Riebeeckplein, oor die Buitengracht tot by Chiappinistraat.

Geskiedenis

wysig

Oorspronklik was dit bekend as Thuijnstraat, later as Tuinstraat. Dit verwys na die tuine van die aanvanklike bewoners. Die naam Tuinstraat is egter later verskuif na die straat teen die noordwestelike heining van die Kompanjiestuin. Daardie straat is later herdoop tot Koningin Victoria-straat. Teen dié tyd het die stad al so uitgebrei dat die tuine langs die oorspronklike Tuinstraat almal verdwyn het. Omdat die straat langs die Markt Plein (nou die Groentemarkplein) geloop het, is dit die Korte Marktstraat genoem. Die Lange Marktstraat is aan die teenoorgestelde kant van die plein.

On Broadway was ’n teater vir toneel, kabaret en ander musiek, wat in April 2005 na Kortmarkstraat verskuif is, maar sedertdien gesluit is.

Bibliografie

wysig