Oorlogskloof-natuurreservaat
Die Oorlogskloof-natuurreservaat is in die Noord-Kaap geleë, 20 km suid van Nieuwoudtville en is in 1983 gestig. Die reservaat is 4 776 ha groot. Die westelike kant grens aan die Knersvlakte. Daar is verskeie wandelpaaie en rotstekeninge in die reservaat. Die waboom (Protea nitida) word ook hier aangetref.
Oorlogskloof-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Naaste dorp | Nieuwoudtville |
Oppervlak | 4 776 ha |
Openingsjaar | 1983 |
Vislewe
wysigDie volgende vier spesies word in die riviere van die reservaat aangetref: Clanwilliam-geelvis, Clanwilliam-sandvis, dikkop-ghieliemientjie en die Clanwilliam-saagvin.
Bronne
wysig- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. ISBN 1-86842-026-4.