Oorslag (munt)
'n Oorslag kan in die numismatiek twee dinge beteken:
- 'n Munt geslaan oor 'n ander munt, dus sonder om die oorspronklike munt te smelt. Dikwels is daar nog spore van die oorspronklike munt te sien.
- 'n Verandering van die jaartal op 'n stempel. Dikwels is daar nog spore te sien van die oorspronklike syfer. Vervalsers verander soms 'n nie seldsame jaartal van 'n munt in 'n seldsame jaartal op die muntplaatjie. Dit is 'n vervalsing.
Internasionale aanduidings
wysig- Engels: overstrike, overstruck coin
- Frans: réformation, surfrappe
- Duits: Überprägung
Voorbeelde
wysigMuntoorslane is baie algemeen by Bisantynse munte. 'n Voorbeeld hiervan is 'n muntstuk van Konstantyn X Doukas (1059-1067) wat geslaan is oor 'n muntstuk van Konstantyn IX Monomachos (1042-1055). Die van Konstantyn X toon Christus op die voorkant en die keiser (regs) en keiserin Eudokia (links) op die agterkant. Die voorkant toon duidelik dat die beeld van Christus aanwesig is op onderliggende teks wat van die agterkant van 'n anonieme follis[1] afkomstig is, wat aan Konstantyn IX toegeskryf word.
Nog 'n voorbeeld is 'n follis met Heraklius en Heraklius Konstantinus (610-641) op die voorkant, en 'n M, A|N|N|O en kruis met KYZ (Kyzikos was 'n stad in Anatolië) op die agterkant. Hierdie muntstuk is oor 'n follis van Mauricius Tiberius (582-602) geslaan. Op die voorkant is Heraklius en Heraklius Konstantinus oor die beeld van Mauricius Tiberius geslaan, en op die agterkant is die vorige agterkant van Mauricius Tiberius se munt sigbaar, met A|N|N|O en CON (Konstantinopel).
Verwysings
wysig- ↑ Die follis (meervoud: folles; Oudgrieks: φόλλις) was 'n Romeinse en later Bisantynse muntstuk wat omstreeks 294 as deel van Diocletianus se monetêre hervormings (Edictum de pretiis rerum venalium) bekendgestel is.
Bronne
wysig- Byzantine Coins and their values (David R. Sear 1974; Seaby; nommers 1853, 1836, 840 en 492-494)