Opel Monza
Die Opel Monza is 'n sportmotor wat deur Opel, die Duitse filiaal van General Motors, vervaardig is.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Opel |
Ook genoem | Vauxhall Royale Coupé |
Produksie | 1978–1986 |
Montering | Rüsselsheim, Duitsland |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Volgrootte motor |
Bakstyl | 2-deurkoepee |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf |
Platform | GM V platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0, 2.5 en 3.0 L |
Ratkas | 5-gang handrat |
Lengte | 4692 mm |
Breedte | 1734 mm |
Hoogte | 1380 mm |
Massa | 1375 kg |
Asafstand | 2670 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Opel Commodore |
Variante | Opel Senator A |
Die Monza is beplan as 'n opvolger vir die Commodore Coupé. Teen die laat 70's is die Commodore C-model as 'n 2-deur, maar steeds as 'n sedan, bekendgestel. Bouwerk het in 1976 begin en die eerste Monzas is teen 1978 verkoop. Sy mededingers was die Mercedes-Benz W126 koepee en die BMW 6-reeks se C- (koepee) modelle. Die motor was groot en gemaklik, sonder om luuks te wees. Heelwat ruimte was binne-in die kar beskikbaar en die reuse sitplekke het passasiers met 'n gevoel gelaat dat hulle in 'n veel-luukser motor as 'n Opel sit.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |