'n Opkoker (Engels: "reboiler") is 'n hitteruiler wat die onderkant van 'n distillasiekolom verhit/opkook. Die sirkulasie van die vloeistof deur die opkoker word bewerkstellig deur 'n termiese hewel.
Aan die onderkant van die onderste daler van die onderste plaat, is daar twee dammetjies. Die boonste dammetjie is daar om 'n vloeistofvlak in die daler te bewerkstellig sodat damp nie die plaat omloop nie. Die onderste dammetjie is as veiligheidsmaatreel indien die boonste dammetjie deurlek.
Optimum vlak in kolom
Indien 'n opkoker gestadig sou bedryf sou die optimum vlak in die kolom so hoog as moontlik wees sodat die maksimum hewelvloei bereik sou word. 'n Opkoker bedryf egter nooit gestadig nie, maar is dinamies. Daarom moet die optimum vlak van die kolom deur toetsing bepaal word. Die optimum vlak in die kolom is waar die opkoker se hittelas die laagste is (laagste stoomvloei).
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.