Oranje (kleur)
- Hierdie artikel handel oor die kleur. Vir ander gebruike, sien Oranje (dubbelsinnig)
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
#ff8000 |
Oranje is 'n kleur geleë tussen rooi en geel in die ligspektrum, en word deur meeste skilders in die tradisionele kleurwiel gebruik.
Die naam is afgelei van die Engelse "orange (fruit)" ('n lemoen in Afrikaans).
In Europa en Amerika word oranje gewoonlik geassosieer met vermaak, die onkonvensionele, ekstroverte, vuur, aktiwiteit, gevaar, smaak en aroma, die herfsseisoen en Protestante. In Asië is dit 'n belangrike simboliese kleur van Boeddhisme en Hindoeïsme.
Kleurkoördinate
wysigVolgens verskeie kleurskemas word oranje as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #FF8000 |
RGB-kleurmodel | (255, 102, 0) |
CMYK | (0, 60, 100, 0) |
HSV | (24°, 100%, 100%) |
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir oranje.