Orion-Cygnus-arm
Die Orion-Cygnus-arm is ’n klein spiraalarm van die Melkweg van sowat 3 500 by 10 000 ligjare wat ons sonnestelsel en dus die Aarde insluit.[1] Daarom word dit ook die Lokale Arm genoem.
Die Orion-Cygnus-arm is geleë tussen die Carina-Sagittarius-arm en die Perseus-arm. Laasgenoemde is een van die twee groot spiraalarms van die Melkweg. Ons sonnestelsel is min of meer in die helfte van die arm geleë, sowat 26 000 ligjare van die kern van die sterrestelsel af.
Messier-voorwerpe
wysigVerskeie Messier-voorwerpe is in die Orion-Cygnus-arm geleë:
- Skoenlapper-sterreswerm (M6)
- Ptolemeus-sterreswerm (M7)
- Messier 23 (oop sterreswerm)
- Messier 25 (oop sterreswerm)
- Handgewig-newel (M27)
- Messier 29 (oop sterreswerm)
- Messier 34 (oop sterreswerm)
- Messier 35 (oop sterreswerm)
- Messier 39 (oop sterreswerm)
- Winnecke 4 (M40)
- Messier 41 (oop sterreswerm)
- Orion-newel (M42)
- Messier 43
- Byekorf-sterreswerm (M44)
- Plejades (M45)
- Messier 46 (oop sterreswerm)
- Messier 47 (oop sterreswerm)
- Messier 48 (oop sterreswerm)
- Messier 50 (oop sterreswerm)
- Ring-newel (M57)
- Messier 67 (oop sterreswerm)
- Messier 73
- Klein Handgewig-newel (M76)
- Messier 78
- Messier 93 (oop sterreswerm)
- Uil-newel (M97)
Interaktiewe kaart
wysigVerwysings
wysig- ↑ Harold Spencer Jones, T. H. Huxley, Proceedings of the Royal Institution of Great Britain, Royal Institution of Great Britain, v. 38–39
Eksterne skakels
wysig- SEDS: Messier-voorwerpe Geargiveer 5 Mei 2012 op Wayback Machine
- ’n 3D-kaart van die Melkweg
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Die Aarde se posisie in die heelal |
---|