Oscar and Lucinda
Oscar and Lucinda is 'n roman van die Australiese skrywer Peter Carey wat die eerste keer in 1988 gepubliseer is. Dit is in dieselfde jaar alreeds bekroon met 'n Booker-prys. Die roman se intrige het te doen met twee dobbelaars (die een obsessief en die ander kompulsief) wat saam werk om 'n kerk wat van glas gemaak is vanaf Sydney 400 kilometer ver tot by 'n setlaarsgemeenskap by Bellingen te vervoer. 'n Gelyknamige rolprentverwerking van hierdie roman is in 1997 vrygestel met Ralph Fiennes en Cate Blanchett in die rolverdeling.
Oscar and Lucinda
| |
---|---|
Skrywer | Peter Carey |
Omslagontwerper | Pierre Le Tan |
Land | Australië |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | UQP |
Uitgegee | 1988 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 528 |
ISBN | 0-7022-2116-3 |
Voorloper | Illywhacker |
Vervolg | The Tax Inspector |