Othonna intermedia
Plantspesie
Othonna intermedia is 'n struik wat endemies is aan die Noord- en die Wes-Kaap. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 6914 km². Dit kom van Kotzesrus tot by Loeriesfontein en Vredendal voor en is deel van die Sukkulente Karoo. Daar is tussen tien tot vyftien subpopulasies en die plant staan habitat af aan mynbou bedrywighede, stedelike en landbou ontwikkeling.
Othonna intermedia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Othonna |
Spesie: | O. intermedia
|
Binomiale naam | |
Othonna intermedia Compton, (1949)
|