Psoralea diturnerae
plantspesie
(Aangestuur vanaf Outeniekwafonteinbos)
Die outeniekwafonteinbos (Psoralea diturnerae) is 'n plantspesie in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Dit is deel van die fynbos en kom op die noordelike hellings van die Outenikwaberge by Kamferskloof voor. Daar het dit 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is minder as 50 plante oor. Die plant het van sy habitat afgestaan aan indringerplante en die aanplant van plantasies.
Outeniekwafonteinbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
Divisie: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. diturnerae
|
Binomiale naam | |
Psoralea diturnerae A.Bello, C.H.Stirt. & Muasya, (2015)
|
Die boom se FSA-nommer is 750.[1]