PZL P.11
Die PZL P.11 is 'n Poolse monovlerk vegvliegtuig wat vroeg in die 1930's ontwikkel is en ook diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel van die P.6 en P.7 vegvliegtuie. In die P.7 model was die vlieënier se uitsig belemmer deur die groot stermotor. Motors met 'n kleiner diameter is later gebruik en tesame met ander verbeteringe het dit gelei tot die P.11 wat met drie verskillende motors vervaardig is. Van model P.11c was die meeste vervaardig en dit was toegerus met 'n Skoda of PZL-vervaardigde Bristol Mercury stermotors. Die eerste vliegtuie is gedurende die laaste gedeelte van 1936 aan die Poolse Lugmag afgelewer.
PZL P.11 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | PZL |
Ontwerp deur | Zygmunt Pulawski |
Nooiensvlug | Augustus 1931 |
Vrygestel | 1933 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Poolse Lugmag Romeense Lugmag |
Aantal gebou | 325 |
Tydens die inval van Pole deur Duitsland het die Poolse vlieëniers dapper teen die Luftwaffe geveg alhoewel hulle vliegtuie verouder en oorskadu was. Daar word beweer dat 114 P.11's in luggevegte afgeskiet is en dat die P.11's 126 vliegtuie van die Luftwaffe afgeskiet het.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | PZL/Bristol Mercury V1.S2 stermotor |
Kraglewering per motor | 645 perdekrag |
Vlerkspan | 10,72 m |
Lengte | 7,55 m |
Hoogte | 2,85 m |
Vlerkoppervlakte | 19,9 m2 |
Maksimum opstygmassa | 1 630 kg |
Maksimum snelheid | 390 km/h |
Operasionele hoogte | 8 000 m |
Togafstand | 700 km |
Klimvermoë | 800 m per minuut |
Bewapening | Twee 7,7 mm masjiengewere en ligte bomme onder die vlerke. |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9