Pakoros II van Partië
Pakoros II (Parties: 𐭐𐭊𐭅𐭓, Pakur) was van 78 tot 110 koning van konings van die Partiese Ryk. Hy was die seun en opvolger van Vologases I.
Pakoros II 𐭐𐭊𐭅𐭓 | |
---|---|
Koning van konings | |
Tetradragme met Pakoros II wat 'n tiara dra; in 92/93 by Seleukië gemunt. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 78-110 |
Voorganger | Vologases I Vologases II (mededinger) Artabanus III (mededinger) |
Opvolger | Vologases III Osroes I (mededinger) |
Gebore | 61/62 |
Oorlede | 110 (op 48/49 jaar) |
Dinastie | Arsakiede |
Vader | Vologases I |
Religie | Zoroastrisme |
Tydens die laaste deel van Vologases I se bewind het Pakoros saam met hom regeer.[1] Ná Vologases I se dood het Pakoros alleenheerser geword,[1][2] maar hy het gou teenstand van sy broer Vologases II geky wat 'n opstand gelei het tot in 80, met laasgenoemde se neerlaag.[3][4] In 79/80 is Pakoros se heerskappy deur nog 'n teenstander uitgedaag: Artabanus III van Partië, wat hy teen 81 verslaan het.[5] 'n Derde mededinger, Osroes I, het in 109 sy verskyning gemaak.[6] Pakoros is in 110 dood en is deur sy seun Vologases III opgevolg, wat sy pa se stryd teen Osroes I om die Partiese troon voortgesit het.[1]
Nes sy pa, het Pakoros die beleidsrigtings van Artabanus II voortgesit deur die ekonomiese bronne van die Partiese Ryk te vermeerder[2] met die daarstelling van 'n nuwe handelstelsel en die aanknoop van bande met ander magte soos Han-China.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Dąbrowa 2012, p. 176.
- ↑ 2,0 2,1 Gregoratti 2017, p. 131.
- ↑ Dąbrowa 2012, p. 391.
- ↑ Chaumont & Schippmann 1988, pp. 574–580.
- ↑ Schippmann 1986, pp. 647–650.
- ↑ Dąbrowa 2012, pp. 176, 391.
Bronne
wysig- Dąbrowa, Edward (2012). "The Arsacid Empire". In Daryaee, Touraj (red.). The Oxford Handbook of Iranian History. Oxford University Press. pp. 1–432. ISBN 978-0-19-987575-7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2019. Besoek op 13 Januarie 2019.
- Gregoratti, Leonardo (2017). "The Arsacid Empire". In Daryaee, Touraj (red.). King of the Seven Climes: A History of the Ancient Iranian World (3000 BCE - 651 CE). UCI Jordan Center for Persian Studies. pp. 1–236. ISBN 9780692864401.
- Schippmann, K. (1986). "Artabanus (Arsacid kings)". Encyclopaedia Iranica, Vol. II, Fasc. 6. 647–650.
- "Balāš". Encyclopaedia Iranica, Vol. III, Fasc. 6. (1988). 574–580.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Voorganger ← Vologases I |
Pakoros II | Opvolger Vologases III → |