Paljas (rolprent)
(Aangestuur vanaf Paljas)
Paljas is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 Januarie 1998 uitgereik is. Die regisseur was Katinka Heyns terwyl die storie deur Chris Barnard geskryf is. Dit het sowat R2,4 miljoen by die loket verdien.[1]
Paljas | |
---|---|
Regisseur | Katinka Heyns |
Produksieleier | Patricia Wheeler (produksiebestuurder) met Anant Singh |
Draaiboek | Draaiboek: Chris Barnard |
Met | Ellis Pearson Larry Leyden Aletta Bezuidenhout Marius Weyers Liezel van der Merwe Ian Roberts |
Musiek deur | Sue Grealy |
Kinematografie | Koos Roets |
Redigeerder | Ronell Toots Avril Beukes |
Ateljee | Distan Horizons M-Net Sonneblom Films Videovision Entertainment |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 23 Januarie 1998 |
Speeltyd | 119 min |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama.
Toekennings
wysigDie rolprent is ingeskryf vir die 70ste Academy Award vir beste buitelandse fliek, die eerste Suid-Afrikaanse benoeming sedert die einde van die apartheidsera.
Die rolprent het in 1997 vyf toekennings by die M-Net All Africa Film Awards gewen.
Hoofrolspelers
wysig- Marius Weyers as Hendrik MacDonald
- Aletta Bezuidenhout as Katrina MacDonald
- Liezel van der Merwe as Emma MacDonald
- Larry Leyden as Willem MacDonald
- Jan Ellis as Nollie
- Ian Roberts as Frans
- Ellis Pearson as Manuel
- Gérard Rudolf as Jan Mol
- Marthinus Basson as Dominee
- Gys de Villiers as Sirkusbaas
Storie
wysig'n Gesin trek na 'n afgeleë deel van die Karoo in Suid-Afrika. Hulle lewens word ingrypend verander toe 'n rondtrekkende sirkus 'n mimiekkunstenaar (gebarespeler) op die dorp agterlaat.
Verwysings
wysig- ↑ Is Kômmin Koning in SA[dooie skakel], Beeld, 14 Desember 2007