Paolo Veronese
Paolo Caliari (1528 – 19 April 1588), bekend as Paolo Veronese (it), was 'n Italiaanse Renaissance skilder. Hy het vanuit Venesië gewerk en was bekend vir sy groot historiese skilderye oor godsdienstige en mitologiese temas, soos Die huwelik by Cana (1563) en Die fees in die Huis van Levi (1573). Veronese is, saam met Titiaan van die vorige generasie en Tintoretto, sy senior met 'n dekade, deel van die "groot trio" wat die Venesiaanse skilderkuns gedomineer het tydens die cinquecento" en die laat-Renaissance in die 16de eeu.[1] Ná 'n vroeë neiging tot die Mannerisme het Veronese sy eie naturalistiese styl ontwikkel wat beïnvloed is deur Titiaan.[2]
Paolo Veronese | |
---|---|
Selfportret, 1558–1563, Hermitage Museum | |
Gebore | 1528 Verona, Venesiese Republiek |
Sterf | 19 April 1588 Venesië, Venesiese Republiek |
Nasionaliteit | Venesies |
Beroep | Skilder |
Handtekening | |
Sy bekendste werke is deel van uitgebreide verhalende siklusse, uitgevoer in 'n dramatiese en kleurvolle styl, teen 'n agtergrond van majestueuse argitektoniese omgewings. Sy groot skilderye van Bybelse feeste wat geskilder is vir kloosters in Venesië en Verona is veral bekend, en hy was ook die leidende Venesiese skilder van plafonne. Die meeste van hierdie werke is steeds in situ, of ten minste in Venesië. In die meeste museums word Veronese se werk verteenwoordig deur kleiner werke soos portrette, wat nie van sy beste werk is nie.
Hy is nog altyd waardeer vir "die chromatiese briljantheid van sy palet, die prag en gevoeligheid van sy kwaswerk, die aristokratiese elegansie van sy figure en die grootsheid van sy beelding", maar daar is dié wat die mening toegedaan is dat sy werk "nie die uitdrukking van die diep menslike of die verhewe vasvang nie". Van die "groot trio", word hy dikwels die minste waardeer deur moderne kritici.[1]Nietemin "kan baie van die grootste kunstenaars ... onder sy bewonderaars gereken word, insluitend Rubens, Watteau, Tiepolo, Delacroix en Renoir".[3]
Galery
wysig-
Die familie van Darius voor Alexander (1565–1570). Olieverfskildery, 236.2cm × 475.9 cm, Nasionale Galery, Londen.
-
Die offerdood van Marcus Curtius, omstreeks 1550–1552
-
Juno Showering Gifts on Venetia, omstreeks 1554–1556, Doge se paleis
-
Saturnus (Tyd) en Historia, Villa Barbaro
-
Edelman in jaguitrusting, Villa Barbaro
-
Allegorie van skilderwerk, 1560s
-
Sint Hieronimus in die woestyn, omstreeks 1584
-
Lucretia, 1580s
-
Leda en die swaan, omstreeks 1585
Verwysings
wysigBronnelys
wysig- Freedberg, Sydney J. (1993). Pelican History of Art (red.). Painting in Italy, 1500–1600. Penguin Books Ltd. pp. 550–60.
- Ilchman, Frederick, et al., Titian, Veronese, Tintoretto: Rivals in Renaissance Venice, MFA Publications, Museum of Fine Arts, Boston, 2009, ISBN 978-0878467396
- Penny, Nicholas, National Gallery Catalogues (new series): The Sixteenth Century Italian Paintings, Volume II, Venice 1540–1600, 2008, National Gallery Publications Ltd, ISBN 1857099133
- Rearick, W. R., The Art of Paolo Veronese 1528–1588, National Gallery of Art, 1988
- Rosand, David, Painting in Sixteenth-Century Venice: Titian, Veronese, Tintoretto, 2de uitgawe 1997, Drukpers van die Universiteit van Cambridge, ISBN 0521565685
- Salomon, Xavier F., Veronese, Nasionale Galery Londen, 2014, ISBN 978-1857095531
- Watson, Peter, Wisdom and Strength: The Biography of a Renaissance Masterpiece, Hutchinson, 1990, ISBN 009174637X
Eksterne skakels
wysigWikiquote het aanhalings in verband met Paolo Veronese |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Paolo Veronese. |
- Art view; Homage to a Gentleman of Verona [1]
- Biografie van Veronese by die Web Gallery of Art met skakels na prente van sy skilderye
- Paolo Caliari – Biografiese artikel in die 1911 Katolieke Ensiklopedie
- Rossetti, William Michael (1911). "Paul Veronese". Encyclopædia Britannica (11de) 20. 965–966.
- Galery by die Museum Syndicate