Paramoesjir
Paramoesjir (Russies: Парамуши́р; Japannees: 幌筵島, Paramushiru-tō; Ainoe: パラムシㇼ, Para=moe=sir), is 'n vulkaniese eiland in die noordelike deel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit word in die noordooste deur die smal Tweede Straat van die Koerile van 2,5 m van die eiland Shoemsjoe geskei, in die suidweste deur die Straat van Loezhin van 15 km van die eiland Antsiferof en in die suide deur die Vierde Straat van die Koerile van 20 km van Onekotan.
Paramoesjir | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
'n Lugfoto van Paramoesjir.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Парамушир パラムシㇼ 幌筵島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 2 053 km2 |
Lengte | 100 km |
Breedte | 20 km |
Hoogste berg | Tsjikoeratsjki |
Hoogte | 1 816 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 2 592 |
Grootste dorp | Sewero-Koerilsk |
Die eiland, met 'n oppervlakte van 2 053 km2,[1] se noordelike punt lê 39 km van Kaap Lopatka aan die suidpunt van die Kamtsjatka-skiereiland. Sy naam kom van die taal Ainoe en beteken "Breë Eiland" of "Digbevolkte Eiland". Sewero-Koerilsk, die administratiewe hoofstad van die Sewero-Koerilski-distrik, is die enigste permanent bevolkte nedersetting op Paramoesjir.
Verwysings
wysig- ↑ "International Kuril Island Project(IKIP)". University of Washington Fish Collection or the respective authors. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2013. Besoek op 29 Mei 2010.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paramoesjir.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.