Paranal-sterrewag
Paranal-sterrewag is ’n sterrewag wat deur die Europese Suidelike Sterrewag (ESO) onderhou word. Dit is in die Atacamawoestyn van Noord-Chili op Cerro Paranal geleë, op ’n hoogte van 2 635 m. Volgens algehele ligversamelingsarea is dit die grootste optiese-infrarooisterrewag in die Suidelike Halfrond. Net die Mauna Kea-sterrewag op Hawaii in die Noordelike Halfrond is groter.
Paranal-sterrewag | |
---|---|
Cerro Paranal is die sterrewag se hoofpiek – waar die Baie Groot Teleskoop (vier eenhede) en VLT-opnameteleskoop (regs) geleë is.
| |
Organisasie | Europese Suidelike Sterrewag (ESO) |
Kode | 309 |
Ligging | Cerro Paranal, Chili |
Hoogte | 2 635 m |
Webtuiste | Paranal-sterrewag |
Teleskope | Baie Groot Teleskoop (VLT) VLT-hulpteleskope VLT-opnameteleskoop (VST) VISTA-teleskoop Oorgangsteleskoop |
Die Baie Groot Teleskoop (VLT) is die grootste teleskoop hier en bestaan uit vier aparte 8,2 m-teleskope. Daarbenewens kan die vier hoofteleskope hul lig kombineer om ’n vyfde instrument, die Baie Groot Teleskoop-interferometer (VLTI), te vorm. Vier hulpteleskope van 1,8 m elk is ook deel van die VLTI en kan gebruik word wanneer die hoofteleskope met ander projekte besig is.
Op die terrein is ook die VLT-opnameteleskoop (VST) van 2,6 m en die VISTA-opnameteleskoop van 4 m wat saam groter dele van die hemelruim kan bespied.
Teleskope
wysigUit die lug
wysigUit die lug gesien, kan die vier groot eenhede van die VLT en die vier klein, koepelvormige hulpteleskope duidelik gesien word. Die Opnameteleskoop (VST) staan net langsaan, terwyl die VISTA-teleskoop op ’n tweede piek sowat 1 500 m van daar staan.
Baie Groot Teleskoop
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Baie Groot Teleskoop.
Die VLT bestaan uit vier 8,2 m-teleskope wat in die sigbare en infrarooispektrums werk. Hierdie teleskope en die vier hulpteleskope word op sekere nagte saam gebruik as ’n optiese interferometer.
VISTA-opnameteleskoop
wysigVISTA (vir Visible & Infrared Survey Telescope for Astronomy) is ’n 4 m-teleskoop met ’n wye gesigsveld wat op infrarooi-opnames van die lug fokus. Dit is deur ’n konsortium van 18 Britse universiteite naby die VLT gebou en in Desember 2009 aan die Europese Suidelike Sterrewag oorgedra.
VLT-opnameteleskoop
wysigDie VST is ’n 2,6 m-teleskoop wat gebruik word om die VLT's met hul werk te help.
Oorgangsteleskoop (NGTS)
wysigDie Oorgangsteleskoop (NGTS) is ’n gerief vir opnames van eksoplanete en lê ’n paar kilometer van die ander teleskope. Dit bestaan uit 12 robotteleskope van 0,2 m met ’n baie groot gesigsveld van 96 vierkante grade of ’n paar honderd keer so groot as die volmaan. Die doel daarvan is om talle planete so groot soos die Aarde en Neptunus om nabygeleë sterre op te spoor met behulp van oorgangsfotometrie. Die NGTS word onderhou deur ’n vennootskap van sewe akademiese instellings van Chili, Duitsland, Switserland en Brittanje. Wetenskaplike werksaamhede het vroeg in 2015 begin.[1][2]
Galery
wysig-
Hoofingang na Paranal.
-
’n Panorama van 360 grade van die lug bo Paranal.
-
Uitsig uit die lug.
-
Die Paranal-platform met die VLT's, hulpteleskope en VST.
-
Die NGTS met die VLT en VISTA (agtergrond).
-
Die kunsmatige gidsster by die VLT se Yepun-eenheid.
Verwysings
wysig- ↑ "New Exoplanet-hunting Telescopes on Paranal" (in Engels). European Southern Observatory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 22 Mei 2015.
- ↑ "About NGTS" (in Engels). Next Generation Transit Survey. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 3 September 2015.
Eksterne skakels
wysig- European Southern Observatory homepage
- ESO - Interferometry
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paranal-sterrewag.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia