Paris Hilton
Amerikaanse media persoonlikheid en sosiale persoon
(Aangestuur vanaf Paris hilton)
Paris Whitney Hilton (* 17 Februarie 1981) is 'n Amerikaanse sosiale persoonlikheid, aktrise, model, outeur en sangeres. Die oorspronklike rede vir haar bekendheid, is omdat sy die agterkleindogter is van Conrad Hilton, wat bekend is vir sy befaamde Hilton Hotelgroep. 'n Video-opname van haar terwyl sy seks met haar kêrel het, het aan haar baie publisiteit verleen. Dié skandaal het ook belangstelling in haar realiteitsprogram, The Simple Life, tot gevolg gehad. Dit is gevolg deur 'n rits persoonlike skandale en publisiteitspogings.
Paris Hilton | |
Geboortenaam | Paris Whitney Hilton |
---|---|
Geboorte | 17 Februarie 1981 New York Stad, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise, model, outeur en sangeres |
Aktiewe jare | 1996 — hede |
Webwerf | www |
Hilton het ook internasionale erkenning en verskeie toekennings ontvang vir modelwerk, rolspel en skryfkuns.[verwysing benodig]
Eksterne Skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf
- (en) Die amptelike Paris Hilton-YouTube-kanaal
- (en) Paris Hilton in die Internet-rolprentdatabasis