Parkside

ampswoning vir die administrateur van Natal

Die huis bekend as Parkside in Pietermaritzburg was die ampswoning vir die administrateur van Natal. Voor die huis staan ‘n kameeldoringboom van besondere belang in die geskiedenis van die Voortrekkers.

Ligging

wysig

Die huis is geleë op die hoek van Kollege- en Tophamweg in die buurt Pelham by 29° 36′ 38″ suid en 30° 22′ 42″ oos.

Die groot huis op aanvanklik 3 ha is in 1882 gebou en later deur sir Theophilus Shepstone en sy twee seuns bewoon. George Heaton Nicholls was die eerste administrateur van ‘n lang reeks wat dit bewoon het. Ook is dit gebruik deur Denis Shepstone, die administrateur van Februarie 1948 tot Mei 1958.

Na die stigting van die Republiek Natalia stuur die Britse regering soldate na Port Natal om die gebied as Britse kolonie te beset. Onder kommandant-generaal A.W.J. Pretorius het die Trekkers die Britse invalsmag beleër. Britse versterkings onder luit.-kol. A.J. Cloete en maj. W.J. D’Urban verdryf die Boere eers na Pinetown en van daar na Pietermaritzburg. In Julie 1842 bespreek die Volksraad die voorwaardes vir kapitulasie wat die Britte gestel het. Beweer word dat die Volksraad op 5 Julie 1842 onder hierdie pragtige umkhamba (‘n akasia) met ‘n sierlike plat kruin besluit het om oor te gee. Die boom is op 6 April 1936 tot monument verklaar.

Persone

wysig
  • sir/luit.-kol. Abraham Josias Cloete (*Kaapstad, 7 Augustus 1794 - †Londen, 26 Oktober 1886), soldaat, broer van die bekende Hendrik (Henry) Cloete, regsgeleerde
  • Denis Gem Shepstone (*7 Februarie 1888 - †30 Junie 1966), Suid-Afrikaanse politikus, kleinseun van sir Theophilus Shepstone

Bibliografie

wysig
  • Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardidghede, 1972. ISBN 0-620-00191-7
  • sahris.sahra.org.za