Paul Laurence Dunbar
Paul Laurence Dunbar (27 Junie 1872 - 9 Februarie 1906)[1][2][3][4][5] was 'n Amerikaanse skrywer.
Paul Laurence Dunbar | |
---|---|
Paul Laurence Dunbar in ongeveer 1890 | |
Gebore | Paul Laurence Dunbar 27 Junie 1872 Dayton, Ohio, VSA |
Sterf | 9 Februarie 1906 (op 33) Dayton, Ohio, VSA |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Digter en skrywer |
Biografie
wysigDunbar was die seun van 'n voormalige slaaf van Kentucky. Hy het die hoërskool in Dayton bygewoon, waar hy die enigste Afro-Amerikaner in sy klas was. Een van sy klasmaats was Orville Wright, vir wie se familie Dunbar se ma gewerk het. Reeds tydens sy skooldae het hy 'n literêre talent getoon, was lid van die letterkundekring en het die skoolkoerant geredigeer. Met die ondersteuning van die Wright-broers kon hy sy eerste koerant, The Dayton Tattler, publiseer.
Ná hoërskool het finansiële omstandighede hom gedwing om as hysbakoperateur te werk. Op 'n vergadering van die Western Association of Writers in 1892, het hy op uitnodiging van 'n voormalige skoolonderwyser gedigte voorgedra en het so 'n indruk gemaak dat hy 'n aanbevelingsbrief van die bekende digter James Whitcomb Riley ontvang het. In dieselfde jaar publiseer hy sy eerste digbundel Oak and Ivy. Nadat hy na Chicago verhuis het, het hy Frederick Douglass daar ontmoet.
Dunbar se gedigte het in bekende koerante, soos The New York Times, verskyn. Sy tweede digbundel Majors and Minors (Majors staan vir tekste in standaard Engels en Minors vir tekste in dialek) het so suksesvol geword dat hy op 'n ses maande lange lesingreis na die Verenigde Koninkryk genooi is. Nadat hy na die Verenigde State teruggekeer het, het hy werk by die Biblioteek van die V.S.A. Kongres in Washington D.C. Daar ontmoet en getroud met die skrywer Alice Ruth Moore. ’n Verdere roman en twee digbundels is in Washington geskryf. Verskeie libretto's is ook gedurende hierdie tydperk geskep. Toe Dunbar in 1898 met tuberkulose gediagnoseer word, het hy na Dayton teruggekeer en hom uitsluitlik aan skryf en lesings gewy. In 1902 het hy van sy vrou geskei.
Dunbar het in sy romans en gedigte, dikwels met behulp van dialek, die ervarings van Afro-Amerikaners en die Ou Suide van die Verenigde State geskilder. Sy uiteenlopende taalgebruik het hom in staat gestel om 'n wye gehoor te bereik.
Heengaan
wysigPaul Laurence Dunbar is in Februarie 1906 op die ouderdom van 33 oorlede. Hy is by die Woodland-begraafplaas en Arboretum in Dayton begrawe.
Werke
wysig- 1893: Oak and ivy
- 1903: Lyrics of love and laughter
- 1905: Lyrics of sunshine and shadow
Verwysings
wysig- ↑ https://www.poetryfoundation.org/,Paul[dooie skakel] Laurence Dunbar. Besoek op 02-12-2021, Poetry Foundation, 2021-12-02
- ↑ https://poets.org/poet/paul-laurence-dunbar ,About Paul Laurence Dunbar, Academy of American Poets, besoek op 02-12-2021.
- ↑ https://www.britannica.com/biography/Paul-Laurence-Dunbar ,Paul Laurence Dunbar, American writer, Britannica, besoek op 02-12-2021.
- ↑ https://www.libraries.wright.edu/special/dunbar/biography ,Paul Laurence Dunbar : Biography, Wright State University Libraries, besoek op 02-12-2021.
- ↑ https://www.encyclopedia.com/people/literature-and-arts/american-literature-biographies/paul-laurence-dunbar , Paul Laurence Dunbar, Encyclopedia.com, besoek op 02-12-2021.
Verdere leeswerk
wysig- Tim Brooks, Lost Sounds: Blacks and the Birth of the Recording Industry, 1890–1919, pp. 260–267. University of Illinois Press, 2004. Early recordings of his work.
- Lida Keck Wiggins, The Life and Works of Paul Lawrence Dunbar, Winston-Derek, 1992. ISBN 1-55523-473-9.
Eksterne skakels
wysigWikisource bevat oorspronklike werke deur of oor Paul Laurence Dunbar |
Wikiquote het aanhalings in verband met Paul Laurence Dunbar |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Paul Laurence Dunbar. |
- Werke deur Paul Laurence Dunbar by Project Gutenberg
- Werke deur of oor Paul Laurence Dunbar op die Internet Archive
- Paul Laurence Dunbar: Online Resources, Library of Congress
- Dunbar House State Historical Site, Ohio Historical Society
- Dunbar House is part of Dayton Aviation Heritage National Historical Park, which includes both the Wright Brothers bicycle shop and Dunbar's home
- "Paul Laurence Dunbar Library special collection", Wright State University
- "Paul Laurence Dunbar" "Progressives and the Poet: How Toledo 'Discovered' Paul Laurence Dunbar", essay by Timothy Messer-Kruse
- "Dunbar's Legacy of Language", NPR, 2006 program marking the 100th anniversary of Dunbar's death; includes a poetry reading.
- Paul Laurence Dunbar: Profile and Poems
- Paul Laurence Dunbar in the New York Times (1897)