Peerboomskloofpas
Peerboomskloofpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap wat op 'n grondpad in die Koue Bokkeveld lê. Die pad verbind die R355 en R303-streeksroetes en is noordoos van Ceres geleë. Dit het 'n maksimum helling van 1:11 en bereik sy hoogtepunt op 792m bo seevlak. Skitterykloof, Skitterypas en Peerboomskloofpas is blykbaar name vir dieselfde pas.
Peerboomskloofpas | |
Ligging | Noordoos van Ceres |
---|---|
Maksimumhelling | 1:11 |
Hoogte | 792m |
Oppervlak | Grond |
Bibliografie
wysig- Buite. Die Burger, 11 Junie 2013.