Die peerklipmossel (Scutellastra cochlear) is 'n klipmossel (gastropood) wat feitlik aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Die skulp is peervormig en word tot 7 cm lank. Die binnekant is glad, wit en blou getint met swart vlekke. Daar is 'n swart, u-vormige merk waar die diertjie se spier vasgeheg was binne die skulp. Die diertjie leef in die tussengetysone, gewoonlik aan die laagste strook.

Peerklipmossel
Peerklipmossels omring deur koraalalge Spongites yendoi
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Mollusca
Klas: Gastropoda
Familie: Patellidae
Genus: Scutellastra
Spesie:
S. cochlear
Binomiale naam
Scutellastra cochlear
(Born 1778)
'n Versameling skulpe van Scutellastra cochlear