Pegasus Airlines
Pegasus Airlines (Turks: Pegasus Hava Taşımacılığı A.Ş.) is 'n laekostelugredery met sy hoofkwartier in die Kurtköygebied van Pendik, Istanboel, Turkye.[2] Dit was voorheen 'n huurvlugredery in vennootskap met Aer Lingus, maar word nou ten volle besit deur ESAS Holdings.
| |||||||
Gestig | 1990 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | |||||||
Fokusstede |
| ||||||
Lojaliteitsprogram | Pegasus Plus | ||||||
Subsidiêre |
| ||||||
Vlootgrootte | 88 | ||||||
Bestemmings | 120 | ||||||
Houermaatskappy | ESAS Holding | ||||||
Hoofkantoor | Istanboel, Turkye | ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Omset | 11,03 miljard TRY (2019)[1] | ||||||
Werknemers | 6 164 (Desember 2019) | ||||||
Webwerf | www.flypgs.com |
Oorsig
wysigKajuit
wysigPegasus Airlines bedryf 'n eenklas-binnekonfigurasie op al sy vliegtuie. 'n "Vliegkafee" is beskikbaar vir alle passasiers waar voedsel en drinkgoed voorsien word teen 'n bykomende koste. Pegasus oorweeg dit ook om invlugvermaak te installeer met oorfone, teen betaling (tans is slegs oorhoofse skerms op geselekteerde 737-800's beskikbaar en hulle vertoon slegs 'n rekenaargegenereerde kaart wat die vlug se vordering aandui).[3] Alle nuwe Boeing 737-800's wat ná November 2011 aangekom het, het Boeing Sky Interior.
Opleiding en instandhouding
wysigAnders as die meeste laekoste-maatskappye, bedryf Pegasus sy eie opleidingsentrum en instandhoudingsorganisasie, Pegasus Technic. Albei sentrums is ten volle gelisensieer en word gebruik om nuwe personeellede sowel op die grond as in die lug op te lei.[3]
Borgskappe
wysigPegasus Airlines was een van die amptelike borge van Nef Stadium, die stadion van Turkish Footbal Club Galatasaray S.K. van 2011 tot 2013.[4]
Vloot
wysigTeen Oktober 2021 het Pegasus Airlines se vloot uit die volgende vliegtuie bestaan:[5]
Vliegtuig | In diens | Op bestelling | Passasiers | Nota |
---|---|---|---|---|
Airbus A320-200 | 9 | — | 180 | Word uitfaseer en vervang deur A320neo-reeks |
Airbus A320neo | 46 | 15[6] | 180 | aflewering tot 2022 |
Airbus A321neo | 11 | 31[6] | 186 | |
Boeing 737-800 | 22 | — | 189 | Word vervang deur A320neo reeks |
Totaal | 88 | 46 |
Verwysings
wysig- ↑ Pegasus Increased Gross Profit By 41 Per Cent In 2013
- ↑ "Headquarters." Pegasus Airlines. Besoek op 24 November 2012.
- ↑ 3,0 3,1 Pegasus flight academy Pegasus.
- ↑ Levent Tüzemen. (24 Mei 2010). Stat Galatasaray'ı uçuracak Sabah. Besoek op 28 Januarie 2014.
- ↑ "Fleet Information". Besoek op 10 Junie 2020.
- ↑ 6,0 6,1 "Airbus A320 Neo Family Firm Orders". Airbus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2014. Besoek op 22 Januarie 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |