Kleinduikstormvoël
(Aangestuur vanaf Pelecanoides georgicus)
Die Kleinduikstormvoël (Pelecanoides georgicus) is 'n stormvoël en standvoël wat in die Marion- en Prins Edward-eilande leef. Hulle word moeilik onderskei van die Gewone duikstormvoël; hulle verskil net in grootte en die fatsoen van die snawel. Die voël word 19 cm lank. Hulle maak hoër nes as die Gewone duikstormvoël en verkies kaal lawakoppies waar hulle klein tonneltjies grawe, amper soos rotte.
Kleinduikstormvoël | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. georgicus
|
Binomiale naam | |
Pelecanoides georgicus Murphy & Harper, 1916
|
In Engels staan die voël bekend as die South Georgian Diving-Petrel.
Sien ook
wysigBron
wysig- Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010. ISBN 978-1-77007-877-2