Pendentief
'n Pendentief in argitektuur is 'n konstruksiemetode wat die plasing van 'n ronde koepel oor 'n vierkantige kamer of van 'n elliptiese koepel oor 'n reghoekige kamer moontlik maak.[1] Die pendentiewe, wat driehoekige segmente van 'n sfeer is, dun af na punte aan die onderkant en word breër aan die bokant om die ronde of elliptiese basis te vorm wat vir die koepel nodig is.[2] In messelwerk dra die pendentiewe dus die gewig van die koepel en konsentreer dit by die vier hoeke waar dit versprei kan word na die steunpilare daaronder.
Pendentiewe was algemeen in Ortodokse, Renaissancistiese en Barokkerke, met 'n drom met vensters wat dikwels tussen die pendentiewe en die koepel ingevoeg is. Die eerste eksperimentering met pendentiewe het met Romeinse koepelkonstruksies in die 2de tot 3de eeu begin,[3] terwyl dit in die 6de-eeuse Aja Sofia in Konstantinopel ten volle ontwikkel is.[4]
Gallery
wysigVerwysings
wysig- ↑ The Columbia Encyclopedia, 6de uitg.
- ↑ "pendentive (architecture) - Britannica Online Encyclopedia". Britannica.com. Besoek op 15 Augustus 2012.
- ↑ Rasch 1985, pp. 129f.
- ↑ Heinle & Schlaich 1996, pp. 30–32
Bronne
wysig- Heinle, Erwin; Schlaich, Jörg (1996), Kuppeln aller Zeiten, aller Kulturen, Stuttgart, ISBN 3-421-03062-6
- Rasch, Jürgen (1985), "Die Kuppel in der römischen Architektur. Entwicklung, Formgebung, Konstruktion", Architectura 15: 117–139
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pendentief.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.