Pentatonix
Pentatonix (afgekort as PTX) is ’n Amerikaanse a cappella-groep van vyf lede van Arlington, Texas. Die groep bestaan uit die sangers Scott Hoying, Mitch Grassi, Kirstin Maldonado, Avi Kaplan en Kevin Olusola.[1] Hulle het ’n styl wat wissel van pop en stemperkussies tot beatboxing, en is bekend vir hul afstofliedjies, veral moderne popweergawes van Kersliedere (soms in die vorm van medleys), maar ook oorspronklike materiaal.
Pentatonix | |
---|---|
Pentatonix in 2015. Van links is Kaplan, Maldonado, Hoying, Grassi en Olusola. | |
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | PTX |
Oorsprong | Arlington, Texas, VSA |
Genres | A cappella Pop R&B Soul |
Jare aktief | 2011 tot tans |
Etikette | RCA, Madison Gate |
Webwerf | ptxofficial.com/ |
Lede | Scott Hoying Mitch Grassi Kirstin Maldonado Avi Kaplan Kevin Olusola |
Pentatonix is in 2011 gestig en het in dieselfde jaar die derde seisoen van NBC se reeks The Sing-Off gewen.[2][3] Toe Sony se Epic Records die groep los ná The Sing-Off, het hulle hul YouTube-kanaal gestig en hul musiek uitgereik deur Madison Gate Records van Sony Pictures.[4][5][6] Met meer as 13 miljoen volgelinge en 2,4 miljard besoeke is Pentatonix se YouTube-kanaal tans een van die gewildste musiekvideokanale.[7]
Hul debuut-EP, PTX, Volume 1, is in 2012 uitgereik, gevolg deur hul vakansie-uitreiking, PTXmas, in dieselfde jaar. Hul derde album was PTX, Vol. II, in 2013.[4] In Mei 2014 het Pentatonix ’n kontrak met RCA Records van Sony Music Entertainment geteken.[8] In dieselfde jaar het hulle hul vierde EP, PTX, Vol. III, uitgereik asook twee vollengte-ateljeealbums, PTX, Vols. 1 & 2 en That's Christmas to Me; laasgenoemde het goud gewen asook platinum (in Desember 2014) en dubbele platinum (in Februarie 2016); dit was die album met die vierde hoogste verkope in 2014 in Amerika.[9][10] In die volgende jaar het Pentatonix hul gelyknamige album uitgereik, hul eerste met meestal oorspronklike materiaal, gevolg deur ’n derde Kersalbum, A Pentatonix Christmas, in 2016 en nog ’n EP, PTX, Vol. IV - Classics, die volgende jaar.
Pentatonix het drie Grammys gewen: hulle was die eerste a cappella-groep wat die Grammy vir "Best Arrangement, Instrumental or A Cappella" gewen het. Die ander Grammys was in 2016[11] en 2017.[12]
Ateljeealbums
wysig- PTX, Volume 1 (2012)
- PTX, Vol. II (2013)
- PTX (2014)
- PTX, Vol. III (2014)
- Pentatonix (2015)
- PTX Presents: Top Pop, Vol. I (2018)
- The Lucky Ones (2021)
Verwysings
wysig- ↑ "Pentatonix, amptelike webtuiste" (in Engels). Ptxofficial.com. 3 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 28 Mei 2015.
- ↑ Hyman, Vicki (29 November 2011). "Pentatonix scores 'The Sing-Off' title". NJ.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op 24 Augustus 2012.
- ↑ Nededog, Jethro (29 November 2011). "'The Sing-Off's' Pentatonix on Going From Newly Formed Group to the Show's Winners". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2019. Besoek op 24 Augustus 2012.
- ↑ 4,0 4,1 "A Tiny Label Is Behind an a Cappella Group's Success". NewYorkTimes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 17 November 2013.
- ↑ "Interview: Entertainment.ie speaks to US a cappella group Pentatonix". Entertainment.ie (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2018. Besoek op 27 November 2014.
- ↑ "Pentatonix Tears Up the Charts". Wallstreet Journal (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2020. Besoek op 15 Desember 2014.
- ↑ https://www.youtube.com/user/PTXofficial/about, URL besoek op 12 April 2017
- ↑ "Pentatonix Signed to RCA Records" (in Engels). The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2019. Besoek op 13 Mei 2014.
- ↑ "Pentatonix Has the Highest-Charting Christmas Album by a Group Since 1962". Yahoo Music (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2018. Besoek op 3 Desember 2014.
- ↑ Caulfield, Keith (24 Desember 2014). "Pentatonix's 'That's Christmas To Me' Surpasses 1 Million in Sales". Billboard (in Engels). Prometheus Global Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 24 Desember 2014.
- ↑ "Grammy Awards Winners" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 8 Februarie 2015.
- ↑ {{ |url=https://twitter.com/RecordingAcad/status/830906821833486337%7Caccessdate=12 Februarie 2017}}