Perifere senuweestelsel
Die perifere senuweestelsel is die deel van die senuweestelsel wat buite die sentrale senuweestelsel geleë is. Dit verskaf die verbindings van en na die organe en weefsel asook die sentrale stelsel.
Die perifere senuweestelsel word volgens funksie ingedeel in die outonome en die somatiese senuweestelsel. Dit bestaan uit 31 paar rugmurgsenuwees, 12 paar harsingsenuwees, 2 splankniese senuwees wat links en regs langs die werwelkolom voorkom en hul bybehorende senuweeselle wat buite die sentrale senuweestelsel lê. Hierdie senuwees besenu onder meer spiere, organe en ledemate.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Perifere senuweestelsel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia