Peugeot 206 WRC
Die Peugeot 206 WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat op die Peugeot 206 padmotor gebaseer is. Dit is deur Peugeot Sport, Peugeot se fabriekspan, gebruik in die Wêreldtydrenkampioenskap van 1999 tot 2003.
Die Peugeot 206 WRC tydens die Siprustydren van 2005. | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Peugeot |
Produksie | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Wêreldtydrenmotor |
Uitleg | voorenjin, 4-wieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 L Inlynviersilinderturbo, 16-klepper |
Ratkas | 6-gang sekwensiële X-trac handratkas |
Lengte | 4005 mm |
Breedte | 1770 mm |
Hoogte | 1300 mm |
Massa | 1230 kg |
Asafstand | 2486 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Peugeot 205 Turbo 16 E2 |
Opvolger | Peugeot 307 WRC |
Peugeot het met dié tydrenmotor die vervaardigerswêreldtitel drie jaar na mekaar verower van 2000 tot 2002. Marcus Grönholm het die titel vir bestuurders in 2000 en 2002 gewen.