Trekkormorant

(Aangestuur vanaf Phalacrocorax capensis)

Die Trekkormorant (Phalacrocorax capensis) is 'n seevoël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom en endemies is aan suidelike Afrika. In Engels staan hulle bekend as die Cape Cormorant.

Trekkormorant
Cape Cormorant, Cape Town.jpg
Kaapstad, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. capensis
Binomiale naam
Phalacrocorax capensis
Sparrman, 1788

VoorkomsWysig

Die voël is swart met geel om die basis van die snawel. Die onvolwassenes is bruin met geen geel nie.

Habitat en gewoontesWysig

Hierdie kormorant vang vis en slaap en broei op eilande. Hulle kan alleenlopers wees of kom in swerms voor. 'n Kenmerk van die swerms is dat hulle in lang golwende strepe oor die see vlieg. Hulle maak nes in vlak holtes uitgevoer met takkies en stokkies. Hulle is meer volop aan die Weskus.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Phalacrocorax capensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)