Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park
(Aangestuur vanaf Phong Nha-Ke Bang)
Die Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park (Viëtnamees: Vườn quốc gia Phong Nha-Kẻ Bàng) is 'n nasionale park in die Sosialistiese Republiek van Viëtnam. Phong Nha-Ke Bang lê 20 km van die Suid-Chinese See en 450 km suid van Hanoi. Dong Hoi-lughawe is 44 kilometer noord van Phong Nha-Ke Bang geleë. Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park is 50 kilometer noord van Dong Hoi geleë. Die park bevat 300 grotte met 'n totale lengte van 70 km. Die park is in 2003 as een van UNESCO se wêrelderfenisgebiede gelys en in 2015 is die inskripsie uitgebrei.
Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Tiên Sơn-grot in die Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park. | |
Ligging van die Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park in Viëtnam | |
Koördinate: 17°32′14″N 106°09′04″O / 17.53722°N 106.15111°O | |
Lande | Viëtnam |
Tipe | Natuur |
Kriteria | viii |
Verwysings | 951 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2003 (27ste Sessie) |
Uitbreidings | 2015 |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park.
- Amptelike webwerf Geargiveer 29 Januarie 2009 op Wayback Machine
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy