Pienk seekomkommer
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Pienk seekomkommer (Holothuria edulis) is 'n seekomkommer wat leef in seegras beddings, op modderige of sanderige bodems asook platterige koraalriwwe in water wat tot 20 m diep is. Hulle kom wyd verspreid voor in die Indiese-Stille Oseaan gebied, die westelike Stille Oseaan, die Rooisee, aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal.
Pienk seekomkommer | |
---|---|
Spesie van Maleisië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. edulis
|
Binomiale naam | |
Holothuria edulis Lesson, 1830
| |
Sinonieme | |
|
Die seedier word tot 350 mm lank, is pienkerig van kleur met donker vlekke op. Die vel is glad en sag en lyf baie buigbaar. Die seekomkommer kom algemeen voor. Dit word gedroog in Asië waar dit geeet word.
Bron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pienk seekomkommer.