Platbeen
Platbene is bene waarvan die hoofdoel is om óf uitgebreide beskerming óf vashegplek vir spiere te bied. Dié bene is breë, plat plate,[1] soos in die skedel, bekken, bors en ribbekas.
Platbeen | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Platbene in die menslike liggaam (in rooi). | ||
Inligting | ||
Latyn | Os planum | |
Ligging | In die hele liggaam | |
Werking | Uitgebreide beskerming Vashegplek vir spiere | |
Eksterne bronne | ||
FMA | 7476 |
Die verskillende platbene is: die pariëtale bene (aan die kant van die skedel), die voorkop, agterkop, neusbeen, traanbeen, ploegskaarbeen, heupbene, borsbeen, ribbes en bladbeen.[1] Die skedelbene bevat twee lae kompakte weefsel; die buitenste een is dik en sterk, en die binneste een dun, dig en bros (ook glasagtig genoem).[1]
Die platbene bestaan uit twee dun lae kompakte been met tussenin sponsagtige been,[1] waarin die rooi beenmurg voorkom. In volwassenes word die meeste rooibloedselle in platbene gevorm.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Gray's Anatomy (1918) (Sien inligtingskas)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Platbeen.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia