Platypleura divisa

Platypleura divisa
takson
Wetenskaplike naamPlatypleura divisaWysig
Takson rangspesieWysig
MoedertaksonPlatypleuraWysig
Original combinationCicada divisaWysig
Diel cyclediurnalityWysig

Platypleura divisa is 'n Afrika-sikade wat die eerste keer beskryf is deur Ernst Friedrich Germar, entomoloog en professor in mineralogie aan Halle, wat ook kewers bestudeer het.

Die genus Platypleura (sonbesies) kom wyd oor Afrika en suidelike Asië voor. Sommige van die Suid-Afrikaanse spesies is merkwaardig vir hul endotermiese termoregulering wat krepuskulêre seinering moontlik maak, 'n aanpassing wat die risiko van predasie verminder en 'n groter reikwydte vir hul roepe moontlik maak. In veldeksperimente is hul maksimum liggaamstemperatuur teen skemer op 22 °C bo omgewingstemperatuur gemeet.[1]

Platypleura divisa is selfs meer opmerklik deurdat dit slegs van een spesie voedselplant versamel is, die klein boompie riffelstampendoring (Maytenus heterophylla).[2] Die nouverwante kusspesie P. maytenophila deel sy sterk band met Maytenus heterophylla, maar kan onderskei word deur 'n heel ander roep.

Die Platypleurini is vanaf die Wes-Kaap in Suid-Afrika versprei, dwarsdeur Afrika suid van die Sahara en Madagaskar, deur Indië en Suidoos-Asië, tot in Japan.[3] Die faunas van Wes-Afrika en Madagaskar is kenmerkend, terwyl dié van suidelike en oos-Afrika soos die Asiatiese groep lyk. Endotermie kom in verskeie grootlyf- Suid-Amerikaanse en Suid-Afrikaanse spesies voor, maar nie in verwante kleinlyfspesies nie.

Verwysings

wysig
  1. Sanborn Allen F (2003). "Hot-blooded singers: endothermy facilitates crepuscular signaling in African platypleurine cicadas (Hemiptera: Cicadidae: Platypleura spp.)". Naturwissenschaften. 90 (7): 305–308. Bibcode:2003NW.....90..305S. doi:10.1007/s00114-003-0428-1. PMID 12883772. S2CID 9090814.
  2. Sanborn Allen F (2003). "Thermal responses in some Eastern Cape African Cicadas (Hemiptera: Cicadidae)" (PDF). Journal of Thermal Biology. 28 (4): 347–351. doi:10.1016/S0306-4565(03)00013-5.[dooie skakel]
  3. Ben Price; Martin Villet. "Historical Biogeography of African Platypleurin Cicadas - Platypleurini, cicadas". Department of Zoology & Entomology, Rhodes University, Grahamstown, 6140, South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2007. Besoek op 4 Februarie 2017.

Eksterne skakels

wysig