Swartnekdobbertjie
(Aangestuur vanaf Podiceps nigricollis)
Swartnekdobbertjie (Podiceps nigricollis) is 'n redelike maar algemene gelokaliseerde standvoël en nomade wat leef by mere, panne, en beskutte baaie. In Engels staan die voël bekend as die Black-necked Grebe of Eared Grebe
Swartnekdobbertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. nigricollis
|
Binomiale naam | |
Podiceps nigricollis Brehm, 1831
|
Identifikasie
wysigDie voël is 28 tot 33 cm lank en weeg 300 gram. Dit is effens groter as die kleindobbertjie. Die nek is ook langer en meer slank, die kop hoekiger en snawel langer as die van die kleindobbertjie. Die oë is helderrooi. Broeiende volwasse voël het 'n goue oorklossie, sy kop en keel is swart en die sye is kastaiingsbruin.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7