Pomfret, Noordwes
(Aangestuur vanaf Pomfret (dorp))
- Hierdie artikel handel oor die dorpie in Noordwes. Vir ander gebruike, sien Pomfret (dubbelsinnig).
Pomfret is 'n woestyndorpie op die rant van die Kalahari-woestyn by 'n asbesmyn in Noordwes, Suid-Afrika. Baie van die inwoners is voormalige lede van die 32-Bataljon. Hulle is oorwegend Portugeessprekende Angolese soldate wat aan die kant van die Suid-Afrikaanse regering in Angola en Namibië geveg het. Teen die einde van die grensoorlog het hulle die polisie gehelp om wet en orde in die swart woonbuurte van Suid-Afrika te handhaaf.
Pomfret | |
---|---|
Dorpie | |
Asbesmyn, Pomfret | |
Koördinate: 25°49′S 23°32′O / 25.817°S 23.533°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Ruth Segomotsi Mompati |
Munisipaliteit | Kagisano-Molopo |
Oppervlak | |
• Totaal | 29,79 km2 (11,50 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 939 |
• Digtheid | 65/km2 (170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 97.7% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Portugees | 67.8% |
• Tswana | 24.8% |
• Engels | 3.4% |
• Afrikaans | 2.0% |
• Suid-Ndebele | 0.8% |
Skakelkode | 053 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Pomfret". Sensus 2011.