Pous Kedron van Alexandrië
Pous Kedron van Alexandrië (Grieks: Κέδρων), ook genoem Kedronos, was die vierde patriarg van Alexandrië.
Kedron van Alexandrië | ||||
Kedron van Alexandrië was die vierde patriarg van Alexandrië. | ||||
Indeling | Patriarg | |||
Kerk | Kerk van Alexandrië | |||
Setel | Setel van Alexandrië | |||
Termyn | 5 September 96 - 28 Junie 106 | |||
Kerkampte | ||||
Priester | 43 n.C. | |||
Voorganger | Avilius | |||
Opvolger | Primus | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Geboortenaam | Kedron | |||
Geboorteplek | Egipte | |||
Oorlede | 28 Junie 106 | |||
Sterfteplek | Alexandrië, Egipte | |||
Nasionaliteit | Egiptenaar | |||
Feesdag | 28 Junie (21 Paoni in die Koptiese kalender) | |||
|
Toe die priesters en biskoppe wat in die land gedien het verneem dat die biskop Avilius, patriarg van Alexandrië gesterf het, het hulle in Alexandrië bymekaargekom om met die Christene daar te konsulteer, en Kedron as opvolger verkies. Daar is gesê dat hy onder diegene was wat deur Sint Markus gedoop is, en hy is as patriarg in Babab (Oktober), in 96 n.C., tydens die bewind van die keiser Nerva, gekroon.
Kedron is gearresteer en gemartel in die vervolging onder die keiser Trajanus. Die rede vir sy arrestasie was blykbaar dat een van die Romeinse goewerneurs vir hom gevra het: "Waarom laat jy nie toe dat ons gode met jou God deelneem nie en waarom hou jy aan om Hom te aanbid?" Daarop het hy geantwoord: "Omdat ons nie voor enige ander neerbuig nie". Hy was gemartel op die 21ste van Paoni (28 Junie), in 106 n.C.
Kedron was bekend as kuis en deugsaam. Hy het die Kerk vir elf jaar, een maand en twaalf dae lank gelei.
Bronnelys
wysig- Meinardus, Otto F.A. (2002). Two Thousand Years of Coptic Christianity. American University in Cairo Press. ISBN 978-977-424-757-6.
- Atiya, Aziz S. The Coptic Encyclopedia. New York: Macmillan Publishing Co., 1991. ISBN 0-02-897025-X
Eksterne Skakels
wysig- (en) Die Amptelike webwerf van die Kopties-Ortodokse Pous van Alexandrië en Patriarg van die hele Afrika op die Heilige Setel van Sint Markus die Apostel
- (fr) Koptiese dokumente in Frans
Religieuse titels | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Avilius |
Patriarg van Alexandrië 96-106 |
Opgevolg deur Primus |