Prempeh II
Prempeh II (Otumfuo Nana sir Osei Tutu Agyeman Prempeh II, KBE, omstreeks 1892 - 27 Mei 1970), was die 14de Asantehene, of koning, van die Asjanti. Hy het van 22 Junie 1931 tot 27 Mei 1970 regeer.
Prempeh II | ||
Asantehene | ||
Bewind | 22 Junie 1931 - 27 Mei 1970 | |
Voorganger | Prempeh I | |
Opvolger | Opoku Ware II | |
Koningshuis | Beretuo | |
Gebore | Omstreeks 1892 Kumasi, Asjantiryk | |
Gesterf | 27 Mei 1970 (77-78) Kumasi, Ghana | |
Volle naam | Otumfuo Nana sir Osei Tutu Agyeman Prempeh II |
Biografie
wysigAsantehene Prempeh II is in die Asjantihoofstad, Kumasi, gebore. Hy was vier jaar oud toe Brittanje sy oom, Prempeh I, sy ouma aan moederskant, koningin Yaa Akyaa, en ander familielede in 1896 na die Seychelle verban het.[1] Prempeh I het in 1924 uit bannelingskap teruggekeer en is in Mei 1931 oorlede. Otumfuo Prempeh II het hom opgevolg.
In 1949 het Prempeh II ’n groot aandeel gehad in die stigting van Prempehkollege, ’n vooraanstaande seunskool in Kumasi.[2] Hy het ook ’n groot stuk grond beskikbaar gestel vir die bou van die Kwame Nkrumah-universiteit van Wetenskap en Tegnologie, wat in 1969 ’n eredoktorsgraad aan hom toegeken het. Nadat Asjanti deel van Ghana geword het, is hy in die Ghanese staatsraad aangestel.[3]
Verwysings
wysig- ↑ A. B. Chinbuah, "King Otumfuo Nana Osei Tutu Agyeman Prempeh II: He restored the Independence of the Kingdom of Ashanti" Geargiveer 20 Oktober 2017 op Wayback Machine, National Commission on Culture, 3 Augustus 2007.
- ↑ History Geargiveer 12 September 2018 op Wayback Machine, Prempeh College.
- ↑ "Asante Kings Of The Twentieth Century - Sir Nana Osei Tutu Agyeman Prempeh II (1931 - 1970)". Manhiya Archives. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020. Besoek op 21 Augustus 2019.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Prempeh II.
- Konings en koninginne van Asante
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.