Presley Chweneyagae
Presley Chweneyagae (gebore 1984 in die Noordwesprovinsie, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir die hoofrol van die film Tsotsi, wat tydens die 78ste Oscar-toekenningsaand as die beste buitelandse rolprent bekroon is. Van sy ander bekende rolprente sluit in: More Than Just a Game (2007), State of Violence (2010) en Mandela: Long Walk to Freedom (2013). Sy ma, Agnes Keagile het hom na haar gunsteling sanger, Elvis Presley vernoem.[1]
Presley Chweneyagae | |
Geboorte | 19 Oktober 1984 Mafikeng |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Tsotsi |
Toekennings | Oscar |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
wysig- Tsotsi, 2005 as Tsotsi
- When We Were Black, 2006-2007 (TV-reeks) as Poet
- More Than Just a Game, 2007 as Mark Shinners
- Menda City, 2009 as Don
- Africa United, 2010 as Egg
- State of Violence, 2010 as Boy-Boy
- The Gentleman, 2011 as Sipho
- Zama Zama, 2012 as Joseph Phiri
- iNumber Number as Shoes, 2013
- Mandela: Long Walk to Freedom, 2013 as 'n militante prisonier
Verwysings
wysig- ↑ 'n Storie van hoop[dooie skakel], Beeld, 4 Februarie 2006