Maak hoofkeuseskerm oop

Die Pretoria News is 'n koerant wat deur Leo Weinthal (1865 - 1930) gestig is en die eerste keer op 11 Junie 1898 in Pretoria verskyn het. Die koerant het publikasie gestaak tydens die Tweede Vryheidsoorlog, maar verskyn sedertdien daagliks. Die koerant word hoofsaaklik in Gauteng versprei, met verspreindingsgebiede in Noordwes en Mpumalanga. Daar word gemiddeld 28 055 koerante daagliks verkoop met 'n gemiddeld van 86 000 lesers.[1] 65% van die lesers is swart terwyl 33% blank is. Zingisa Mkhuma is die redakteur sedert 2007. Die titel behoort tans aan Independent Newspapers.

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

Eksterne skakelsWysig