Priester Jan-monument

monument van Priester Jan, in Port Elizabeth, Suid-Afrika

Die Priester Jan-monument in Port Elizabeth herdenk die mitologiese koning-priester Priester Jan en die Portugese seevaarders wat om Afrika geseil het.

Hierdie gedenkwaardigheid bestaan uit ‘n Koptiese kruis. In die middelsirkel daarvan word Priester Jan en ‘n Portugese seeman uitgebeeld. Die kruis verwys na die deel van Afrika waar Priester Jan volgens die verhale sy gewaande ryk gehad het. Aanvaar word dat hierdie monument die enigste ter ere van hierdie priester in die wêreld is.

Die kruis staan by 33° 57′ 46.13″ suid en 25° 37′ 25.28″ oos, op die Flemingplein tussen die stadsaal, die Veremarksaal en die ou poskantoor in Baakenstraat. Dit is in 1986 deur die destydse Portugese ambassadeur in Suid-Afrika onthul.

Lees ook

wysig

Bibliografie

wysig
  • nmbt.co.za/listing/prestor_john_memorial.html