Primêre Skool Universitas

Primêre Skool Universitas (English: Universitas Primary School) ook bekend as Tjokkies, is 'n primêre skool in Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika.

Primêre Skool Universitas
Leuse Net my beste
Gestig 1970
Hoof Neels Gunter
Adjunkhoof(de) Stefan Smit
Grade 0 – 7
Adres H/V Ross en Paul Kruger Straat
Universitas
Bloemfontein
Vrystaat
Suid-Afrika
9301
Stad Bloemfontein
Provinsie Vrystaat
Land Suid-Afrika
Kleure                    
Webblad www.tjokkies.co.za

Universitas is ‘n unieke skool waar verdraagsaamheid, begrip en respek vir mekaar ‘n integrale deel van die skool se opvoedingsproses is. Deeglik bewus van die skool se tekortkominge strewe die skool na die ideale omgewing waar elke kind aanvaar word en sy talente ontdek en maksimaal ontwikkel word. Gegrond op Christelike beginsels skep die skool geleenthede en tradisies waar die kinders hulself gelukkig kan uitleef en trots vir hulle skool ontwikkel.

Visie en Missie

wysig

Visie:

 

Tjokkies rus die leerlinge op ‘n kaalvoetmanier toe om die skoene van die toekoms gemaklik vol te staan.

 

Missie:

 

Om Christelike waardes en norme te handhaaf, te vestig en uit te bou deur:

  • Op ‘n gebalanseerde wyse hoë opvoedkundige standaarde te handhaaf.
  • Respek te hê vir ...
  • Leerlinge toe te rus om hulle volle potensiaal te bereik deur visie en waagmoed aan die dag te lê.
  • Leerlinge te ondersteun in die groei na geloof, leergierigheid, kreatiwiteit en selfstandigheid.
  • Leiers te ontwikkel wat verantwoordelikheid en eienaarskap aanvaar vir wat hulle doen.
  • Leerlinge toe te rus met die wete dat (net) hulle beste goed genoeg is.


 

Skoolwapen

wysig
Simbool Simboliek
Boek van kennis Bybel - Bron van kennis, geloof en wysheid waarop ons onderwys/skool rus.
Band/Water "Trans Oranje" en fontein van waar Bloemfontein sy naam gekry het.
Lelie - Fleur de Lis Adel van volk, ons seuns en ons dogters

[1]

Sport

wysig

Prestasies

wysig
  • Anita van Vuuren: Toekenning vir Uitnemendheid in Tegnologie Verbeterde Onderrig en Leer.[2]
  • Jaundré Pienaar(seuns 14-hoogspringrekord), Heini Bisschoff(seuns o.12- spiesgooirekord), Eduané Janse van Rensburg(meisies o.13 100m-rekord en 200m-rekord geëwenaar).[3]

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig