Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld
Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld (Mary Louise Victoria; 17 Augustus 1786 – 16 Maart 1861; Duits: Marie Luise Viktoria) was die ma van koningin Victoria.
Prinses Victoria | |
---|---|
Hertogin van Kent | |
Prinses Victoria, van Project Gutenberg eText.
| |
Volle naam | Mary Louise Victoria Duits: Marie Luise Viktoria |
Eggenoot | Emich Carl, 2de Prins van Leiningen (1803–1814) Prins Edward, Hertog van Kent en Strathearn (1818–1820) |
Kinders | Carl, 3de Prins van Leiningen Prinses Feodora van Leiningen Koningin Victoria |
Titels | Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld Prinses van Leiningen Hertogin van Kent |
Huis | Hannover |
Vader | Franz Frederick Anton, Hertog van Sakse-Koburg-Saalfeld |
Moeder | Auguste Reuss van Ebersdorf en Lobenstein |
Gebore | 17 Augustus 1786; Koburg, Duitsland |
Oorlede | 16 Maart 1861; Frogmore, Windsor |
Vroeë lewe
wysigPrinses Victoria is op 17 Augustus 1786 gebore as die vierde dogter en sewende kind van Franz Frederick Anton, Hertog van Sakse-Koburg-Saalfeld en Auguste Reuss van Ebersdorf en Lobenstein.
Huwelike
wysigEerste huwelik
wysigOp 21 Desember 1803 het sy getrou met Charles, Prins van Leiningen (1763–1814), wie se eerste vrou, Henrietta Reuss van Ebersdorf, haar tante was. Hulle het twee kinders, Carl, 3de Prins van Leiningen en prinses Feodora van Leiningen, gehad.
Tweede huwelik
wysigOp 29 Mei 1818 het sy getrou met prins Edward, Hertog van Kent en Strathearn (1767–1820). Hulle het een kind, koningin Victoria, gehad.
Dood
wysigDie hertogin is op 16 Maart 1861 dood. Koningin Victoria is swaar getref deur haar ma se dood. Dit was die begin van ’n rampspoedige jaar waarin haar man, Albert van Sakse-Koburg en Gotha, ook dood is.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Princess Victoria of Saxe-Coburg-Saalfeld
Verdere leesstof
wysig- Packard, Gerrold (1973). Victoria's Daughters. New York: St. Martin's Press.