Ptolemaios van Aloros
Ptolemaios van Aloros (Grieks: Πτολεμαῖος) was van 368 tot 365 v.C. regent van Masedonië.
Ptolemaios van Aloros | |
---|---|
Regent van Masedonië | |
Tydperk | 368 – 365 v.C. |
Grieks | Πτολεμαῖος |
Voorganger | Alexander IV |
Opvolger | Antipater |
Vrou | onbekend |
Kinders | onbekend |
Vader | onbekend |
Moeder | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Alexander II, uit die Argeïese Dinastie, was van 370 tot 368 v.C. koning van Masedonië ná die dood van sy pa, Amintas III. Hy het hom die gramskap van Thebe, in dié tyd die leidende mag in Griekeland, op die hals gehaal. Hulle het die kant gekies van Ptolemaios, Alexander se swaer, en Alexander gedwing om ’n bondgenootskap met Thebe te aanvaar.
Alexander is eindelik op aansporing van Ptolemaios vermoor. Hoewel sy broer Perdikkas III hom opgevolg het, was hy minderjarig en is Ptolemaios as regent aangestel. In 365 het Perdikkas vir Ptolemaios vermoor en die bewind oorgeneem.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia