QV60
QV60 is die grafkelder van Nebettawi, die dogter en vrou van farao Ramses II, in Egipte se Vallei van die Koninginne.
QV60 | ||
Die grafkelder van Nebettawi | ||
Skildery van koningin Nebettaw vor die god Ra-Horachti. Gesbaseer op 'n tekening. | ||
Ligging | Vallei van die Koninginne | |
Land | Egipte | |
Uitgrawings deur | Ernesto Schiaparelli | |
Uitleg | 'n Saal, 'n sykamer en 'n grafkamer. | |
← Vorige QV59 Volgende →
QV61 |
Die grafkelder is uitgegrawe deur Ernesto Schiaparelli, direkteur van die Egiptiese Museum in Turyn, en is vroeër ook kortliks deur Lepsius beskryf.[1]
Voorkoms
wysigDie grafkelder is in die Koptiese tydperk in 'n Christelike kapel omskep. Aan die linkermuur van die eerste kamer word 41 regters uitgebeeld, elk met 'n veer op die kop. Nebettawi word uitgebeeld waar sy 'n beeldjie van Maät aan 'n sittende figuur bied. In die tweede kamer word Nebettawi voor Horus gewys, en hier het sy die hoogste titels: Die Osiris, die Koningsdogter, die Groot Koningsvrou, Dame van die Twee Lande, Meesteres van Bo- en Benede-Egipte.[2][3]
Verwysings
wysig- ↑ Denkmaeler aus Aegypten und Aethiopien nach den Zeichnungen der von Seiner Majestät dem Koenige von Preussen, Friedrich Wilhelm IV., nach diesen Ländern gesendeten, und in den Jahren 1842–1845 ausgeführten wissenschaftlichen Expedition auf Befehl Seiner Majestät. 13 vols. Berlin: Nicolaische Buchhandlung.
- ↑ Porter, Bertha en Moss, Rosalind, Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Statues, Reliefs and Paintings Volume I: The Theban Necropolis, Part 2. Royal Tombs and Smaller Cemeteries, Griffith Institute. 1964, pp. 766–767
- ↑ Kitchen, K.A., Ramesside Inscriptions, Translated & Annotated, Translations, Volume II, Blackwell Publishers, 1996
Skakels
wysig- Theban Mapping Project – Plan van die grafkelder en ander besonderhede.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.