R573 (Suid-Afrika)
Streeksroete
Die R573 is 'n streeksroete wat die R513-streeksroete by Pretoria met die N11-nasionale pad by Marble Hall verbind. Vanaf die R513 gaan die roete noordoos en verby die Roodeplaatdam. Die roete gaan verby Moloto, gaan Mpumalanga binne, kruis die R568 in KwaMhlanga en gaan verby die R544. Hierna gaan dit verby die R568 in Siyabuswa en eindig waar dit by die N11 aansluit, noordwes van Marble Hall.
Streeksroete R573 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Suidwespunt | R513 by Pretoria 25°41′08″S 28°17′32″O / 25.6856°S 28.2923°O | |||
Noordoospunt | N11 by Marble Hall 24°56′50″S 29°14′01″O / 24.9471°S 29.2335°O | |||
Ligging | ||||
Dorpe | KwaMhlanga Siyabuswa | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|