Rajendravarman II

Rajendravarman II (Khmer: រាជេន្ទ្រវរ្ម័នទី២) was van 944 tot 968 koning van die Khmer-ryk. Hy was die oom en neef van Harshavarman II.

Rajendravarman II
Koning van die Khmer-ryk
Bewind 944-968
Voorganger Harshavarman II
Opvolger Jayavarman V
Dinastie Khmer-ryk
Kinders Jayavarman V

Sy belangrikste monumente by Angkor is Pre Rup en Oos-Mebon.[1]:73[2]:358,361–367

Die koning het aanspraak gemaak op bande met die konings van Chenla, ’n voorloperstaat van die Khmer-ryk. Inskripsies lui dat die ryk tydens sy bewind uitgebrei is na Suid-Viëtnam, Laos en ’n groot deel van Thailand, tot so ver noord as Suid-China. Hy was ’n groot koning, volgens ’n inskripsie by Pre Rup, wie se swaard dikwels met bloed bevlek was en wie se liggaam so hard soos ’n diamant was.

Die koning het uit ’n groot paleis regeer wat deur sy minister Kavindrarimathana ontwerp is. Baie geleerdes glo hy het ’n stelsel van gesentraliseerde administrasie ingestel om meer direkte beheer uit te oefen op prinse wat grootliks onafhanklik op hul landgoedere op die platteland was.[3]:116

Bouwerk aan die Banteay Srei, die versierde tempel van pienk sandsteen noord van die hoofkompleks in Angkor, het tydens sy bewind begin.[3]:117 Rajendravarman II is deur sy 10-jarige seun opgevolg wat as Jayavarman V regeer het.[1]:79

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, ISBN 9781842125847
  2. Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
  3. 3,0 3,1 Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. vert. Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.

Ekstra bron

wysig
  • Mabbett, Ian and Chandler, David. The Khmers. Blackwell Publishers 1996. ISBN 0-631-17582-2

Eksterne skakels

wysig